[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Anthony Eden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Robert Anthony Eden (12 Junie 1897 - 14 Januarie 1977) was 'n Britse konserwatiewe politikus wat drie ampstermyne as minister van buitelandse sake gedien het. Daarna het hy vanaf 1955 tot 1957 'n relatiewe kort termyn gedien as Eerste minister van die Verenigde Koninkryk.

Nadat hy as jong parlementslid vinnig bevorder is, word hy as 38-jarige as minister van buitelandse sake aangestel, voordat hy uit protes teen Neville Chamberlain se paaibeleid teenoor Mussolini se Italië bedank het. Hy beklee weer daardie pos gedurende die grootste deel van die Tweede Wêreldoorlog, en 'n derde keer in die vroeë vyftigerjare. Nadat hy vir byna 15 jaar die adjunk van Winston Churchill was, het hy hom in April 1955 as leier van die Konserwatiewe Party en premier opgevolg en 'n maand later 'n algemene verkiesing gewen.

Eden se wêreldwye reputasie as 'n voorstander van vrede, 'n "man van vrede", en 'n bekwame diplomaat is in 1956 oorskadu toe die Verenigde State geweier het om die Anglo-Franse militêre reaksie op die Suez-krisis te ondersteun, wat kritici oor partygrense as 'n historiese terugslag vir die Britse buitelandse beleid beskou het, en wat die einde van Britse oorheersing in die Midde-Ooste ingelui het. Die meeste geskiedkundiges voer aan dat hy 'n reeks foute gemaak het, veral omdat hy nie besef het hoe diep Amerikaanse teenkanting teen militêre optrede was nie. Twee maande nadat hy die Suez-operasie beëindig het, het hy as premier op grond van swak gesondheid bedank, maar ook omrede hy wyd daarvan verdink is dat hy die Britse Laerhuis om die bos gelei het betreffende Brittanje se samespanning met Frankryk en Israel.

Eden word oor die algemeen onder die mins suksesvolle Britse eerste ministers van die 20ste eeu gereken, hoewel twee breedweg simpatieke biografieë (in 1986 en 2003) 'n bietjie aan die beskouing of mening weggewerk het ten eide die meningsbalans te verskuif. Sy biograaf D. R. Thorpe het die Suez-krisis beskryf as '''n waaragtig tragiese einde aan sy premierskap" en dat dit opgeblaas is wat die "beoordeling of waardering van sy loopbaan" betref.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Winston Churchill
(Konserwatiewe Party)
Eerste minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

1955–1957
Opgevolg deur
Harold Macmillan
(Konserwatiewe Party)