22 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
22 Oktober is die 295ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (296ste in skrikkeljare). Daar volg nog 70 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1303 – Pous Benedictus XI volg Pous Bonifatius VIII op.
- 1383 – Die 1383-1385-krisis in Portugal, ’n tydperk van burgeroorlog en anargie, begin toe Koning Fernando sonder ’n manlike opvolger sterf.
- 1685 – Koning Lodewyk XIV van Frankryk herroep die Edik van Nantes deur middel van die Edik van Fontainebleau.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Leyte Golf begin.
- 1953 – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Kubaanse missielkrisis: Die Amerikaanse president John F. Kennedy kondig op televisie aan dat Sowjetse kernwapens in Kuba ontdek is en dat hy ’n vlootkwarantyn van dié eilandnasie beveel het.
- 1962 – Nelson Mandela pleit onskuldig op aanklagte van aanhitsing en die onwettige verlaat van die land tydens die begin van sy verhoor in Pretoria, Suid-Afrika.
- 1986 – General Motors word die vierde Amerikaanse onderneming om van Suid-Afrika te onttrek nadat die Amerikaanse senaat President Reagan se veto teen sanksies teen Suid-Afrika tersyde gestel het.
- 1999 – Maurice Papon word in die tronk gestop weens misdade teen die mensdom wat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg het.
- 2010 – Mianmar verander hul vlag.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1801 – Carl Jakob Sundevall, 'n Sweedse dierkundige († 1875).
- 1811 – Franz Liszt, Hongaarse komponis († 1886).
- 1813 – Charles Bell, Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, kunstenaar, heraldikus, ontwerper van medaljes en seëls († 1882).
- 1847 – Koos de la Rey, boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1914).
- 1901 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf († 1980).
- 1905 – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo († 1991)
- 1906 – André Huguenet, was die verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel († 1961).
- 1919 – Doris Lessing, Britse skrywer († 2013).
- 1927 – Allan Hendrickse, Suid-Afrikaanse politikus, prediker en onderwyser († 2005).
- 1939 – Cliff Saunders, Suid-Afrikaanse joernalis († 2019).
- 1941 – Dr Ben Ngubane, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en premier van KwaZulu-Natal († 2021).
- 1957 – Ram Barkai, Suid-Afrikaanse oopwaterswemmer.
- 1968 – David Maynier, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1970 – Javier Milei, Argentynse ekonoom, skrywer en politikus en verkose president van Argentinië.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1751 – Willem IV, Prins van Oranje, Prins van Oranje en die eerste hereditêre stadhouer van al die Verenigde Provinsies van Nederland (* 1711).
- 1906 – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder (* 1839).
- 1931 – Johannes Arndt, Duitse sendeling van die Berlynse Sendinggenootskap in Suider-Afrika (* 1857).
- 2009 – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser (* 1932).
- 2017 – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, toetsvlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder (* 1932).
- 2019 – Marieke Vervoort, Belgiese paralimpiese atleet, sterf weens genadedood (* 1979).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Wêreld-hakkelbewustheidsdag.
- Feesdag van Pous Johannes Paulus II van die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 Oktober. |